Gedagte vir die dag: Die waarheid in fokus

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. (Psalm 119:18)

Alhoewel niemand vir seker weet nie, is daar heelparty akade mici wat glo dat Paulus ’n oogsiekte gehad of gestoei het met sig wat verswak (Galasiërs 4:1315; 6:11). Maar of Paulus nou perfekte fisieke visie gehad het of nie – ons weet hy kon geestelik uitsonderlik goed sien.

My eie seun het gloukoom – en ek sal enigiets doen sodat hy gesond kan word. Maar selfs meer as wat ek droom dat hy een dag perfek sal kan sien, wens ek dat hy eendag oor 20/20 geestelike visie sal beskik – sodat hy die heerlikheid en goedheid van God in die land van die lewendes (Psalm 27:13) sal kan sien. Kom ons pas die vensters tot ons siele ekstra goed op sodat ons terselfdertyd ook ons geestelike visie kan verskerp en ons fokus weer en weer kan instel op die helder waarheid in God se Woord.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.