Gedagte vir die dag: Ek kry swaarder as jy: Wat om nié te sê nie

bankie-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moet my nie meer Naomi noem nie,” sê sy vir hulle. “Noem my nou liewer Mara, want die Almagtige het my lewe bitter gemaak.” (Rut 1:20)

Naomi het baie beslis swaargekry, swaarder as waarskynlik enige van ons. En sy het dit boonop verkeerd hanteer. Toe sy uiteindelik terugkom in haar dorp van oorsprong, Betlehem, maak sy daardie ontmoeting negatief. Toe sy herken en met warmte ontvang word, kla sy en praat met selfbejammering. Dit terwyl die Here vir haar warm en simpatieke mense gegee het wat haar kon help.

Die Here help ons elkeen deur iewers simpatieke mense te gee. (As jy nie so dink nie, let net beter op.) As ek hulle gebruik soos die Here wil hê ek moet, gaan hulle my help. Ek gebruik medemense reg deur te praat oor die feite en gevoelens van my swaarkry, maar nie deur selfbejammerend te praat nie. In jou swaarkry, soek jou Godgegewe helpers, praat en ontlaai jou hartseer. Moenie stilbly en probeer sterk wees nie. Maar moet ook nie jou én jou helpers in negatiwiteit inpraat nie.

Rut 1:20 is vir ons ’n kosbare les in hoe mens nié moet praat met jou helpers nie.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U ook in elke storm voorsien….net soos U alleen kan..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.