Gedagte vir die dag: Hy ken elke detail van jou!

skape_landskap_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My. (Johannes 10:14)

Herders speel van Genesis (4:2) tot Openbaring (7:17) ’n belangrike rol in die Woord. Bekende Bybelfigure soos Abraham, Moses en Dawid het skape opgepas. Ook Jesus gebruik die metafoor van herder wanneer Hy in Johannes 10:2-4, 11 die beskermende hand van God verduidelik. Hy sê:

  • Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape. (10:11) So lief het Hy jóú, dat Hy – al sou jy die enigste mens op aarde wees – vir jou gesterf het. Moet nooit aan sy liefde vir jou twyfel nie.
  • Ek ken my skape en hulle herken My … (10:14) Jesus ken meer as net jou naam. Hy ken jou ten volle: Die fisiese, intellektuele, sosiale, spirituele en emosionele sy van wie jy is. En Hy gee om vir elke deel van jou lewe.

As God jou so goed ken en jou so liefhet dat Hy sy álles vir jou gee, kan jy nog daaraan twyfel dat Hy ook vandag vir jou sal sorg?

Dankie dat U meer as net my naam ken. Dat U my hart in U s’n vashou.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.