Gedagte vir die dag: Erken die wonderwerke

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal hulle weer wonders laat sien soos toe Ek hulle uit Egipte uitgelei het. (Miga 7:15)

Dit is moeilik om ons die pad deur die Rietsee of die manna uit die hemel voor te stel. Die wonders wat in die Bybel opgeskryf is, klink vir ons soos antieke mites as ons nie in staat is om God se betrokkenheid in ons lewe vandag raak te sien nie. Net soos die farao blind was vir God se wonders wat reg voor sy oë plaasgevind het, sien ons ook soms nie die wonders wat God om ons doen nie.

Wanneer ons fyn oplet, sien ons hoe God op wonderbaarlike maniere teenwoordig is: in die geboorte van ’n baba, die ontdekking van ’n geneesmiddel vir ’n dodelike siekte, ’n asemrowende sonsondergang. God doen steeds wonders.

God is in staat – en gewillig – om die onmoontlike te doen om ons te help om sy werk te doen. Dit beteken dat geen situasie hooploos is nie. God moedig ons aan om in die geloof groot dinge te vra, nooit hoop te verloor nie en elke dag op die uitkyk te wees vir wonderwerke.

Vir watter wonderwerke gaan jy vandag op die uitkyk wees?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.