Gedagte vir die dag: As God liefde is

groen-olyf-domebil-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay/domebil.com

“God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons, sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word” (2 Korintiërs 5:21).

Skrifgedeelte
2 Korintiërs 5:21

Oordenking
As God liefde is, hoekom laat Hy dit óf dat toe? Mense is deesdae nogal lief daarvoor om hierdie vrae te vra. Party mense blaas selfs hulle godsdienstige kerse dood omdat God hulle nie gehelp het soos hulle gehoop het Hy sou nie, of op daardie presies oomblik wat hulle bepaal het nie. Hoe nou?

Ons moet natuurlik weet hoe God self sy liefde omskryf en hoe Hy hieroor dink. En natuurlik moet ons deur die bril van Golgota na sy liefde kyk. Toe sy eie kind daar doodgemaak is, het God juis hierdie skrikwekkende gebeure gebruik as bewysplaas, as uitveër en as versoeningsplek. So leer Paulus ons in Romeine 5 en in 2 Korintiërs vers 5. Hier wys God wat sy eie opofferende liefde Hom kos. Hier wys Hy dat sy liefde oneindig duur, duursaam en uniek is. Om ons eie idees van liefde te gebruik om God mee te meet, is ʼn groot fout. Die Here definieer self wat sy liefde is. Om Hom summier as liefdeloos af te skryf sonder dat ons Hom volgens sy bepalings ken en dien, is regtig nie hoe ons dit moet doen nie. Dit het gevolge.

  • Hierdie oordenking verskyn in ʼn Veilige vesting deur Stephan Joubert. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Amen….ek kan nie God inperk volgens my idees nie..stem saam dit is n groot fout

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.