Gedagte vir die dag: Die lewe in hoofletters

Argieffoto (Foto: Guillaume de Germain/Unsplash)

“Leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God.” (Efesiërs 5:2)

Skrifgedeelte
Efesiërs 5:2 (NLV)

Oordenking
Wat Paulus hier sê, is dat alles wat ons doen en sê moet wees om God te verheerlik. God se Naam moet in hoofletters gesien kan word in ons hele lewe. God se Naam moet as’t ware soos ’n advertensiebord oor ons hele lewe flikker en sy eer en heerlikheid vir almal ten toon stel.

Hoe leef jy jou lewe in hoofletters? Wel, al wat jy moet doen, is om God elke dag die Eregas van jou lewe te maak. Maak seker Hy is die Eregas in elke gesprek wat jy het. Dan sal jy jou woorde versigtig kies en seker maak hulle is opbouend en inspirerend. Maak seker die Here is ’n getuie van alles wat jy doen. Dan sal jy jou werk tot sy eer doen en nie net vir jou baas of maatskappy nie. Alles wat jy doen, sal wees om Hom in die wêreld te verheerlik en jou lig sal vir Hom skyn in alles wat jy doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chanson ·

Maroela Media, dankie dat julle Stephan se skrywes plaas.

Dr Andrew Murray noem ook iets soortgelyks in een van sy skrywes dat die gelowige

hier op aarde behoort te “wandel soos voor ‘n Koning”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.