Gedagte vir die dag: God beproef sy eie werk

gras-rots-stiltetyd-mirey2222.jpg

Argieffoto (Foto: Mirey2222/Pixabay)

“Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Romeine 5:3-5).

Skrifgedeelte
Romeine 5:1-11 (OAV)

Oordenking
Ons mag die ongelooflike glo. Dit wat vir die in-sonde-gevalle mens ondenkbaar en onvoorstelbaar is, is vir die verloste kind van God ʼn werklikheid.

Watter ongelooflike heerlikheid mag ons glo? Dat Christus op die regte tyd vir goddelose mense sterwe. Sodoende maak Hy ons sy mede-erfgename, kinders van God. God maak om Christus wil ʼn enorme groot belegging in elkeen van sy uitverkore kinders. Met daardie belegging is God elke dag aan die werk. Soms plaas Hy die belegging onder druk. Hy bring beproewinge oor sy kinders. Hy laat die wolke dik saampak en beskik gebeure en dinge wat ons nie sou verkies om te hê nie. Maar so werk die Vader met sy kosbare belegging in die klei-erdepotte. Die liefde wat Hy in ons harte uitstort, vermeerder Hy deur dinge weg te vat wat die liefde kan laat afkoel.

Is dorings en bossies deel van ons bestaan? Tref die een ding na die ander ʼn mens? Wees dan in geloof daarvan oortuig dat God sy werk in ons nie laat vaar nie. Die geloof wat Hy in sy kinders werk, hou Hy in stand. Dit is ʼn belofte. En sy beloftes word altyd nagekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

AMEN !!!!!!!!!!!

GOD is EK IS

onveranderlik
almagtig
liefde

Halleluja !!!!!!!!!!!
Prys Hom!!!!!!! Loof Hom !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.