Gedagte vir die dag: God seën die regverdiges

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

So sê die HERE: “Tree regverdig en eerlik op, doen wat reg en goed is, want Ek is op pad om julle te red. Geseënd is almal wat versigtig dit alles doen. En geseënd is almal wat weier om die verkeerde te doen.” (Jesaja 56:1-2)    

Geregtigheid is belangrik, want dit verseker regverdigheid, gelykheid, konsekwentheid en gelyke geleenthede vir almal. Ware geregtigheid skakel politiek, dubbele standaarde, ongelykheid en onderdrukking uit.

Geregtigheid kom uit die hart van God; daarom seën God mense wat regverdig optree. Leiers wat aandring op geregtigheid, regverdigheid en gelykheid in hulle werkplek of organisasie sal God se seën ervaar.

Is jy ’n voorstander van geregtigheid en regverdigheid?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.