Gedagte vir die dag: Kragtige gebed

bid-kerk-ri-ya-stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay/ri-ya.com)

“Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel.” (Psalm 91:15)

Skrifgedeelte
Psalm 91:15 (NLV)

Oordenking
Die mens het ʼn ingebore behoefte aan gebed. Die hele skepping roep uit in gebed.

Gebed bestaan omdat die mens bestaan, en omdat God bestaan. Gebed is gebore uit die instink, behoeftes, begeertes en die wese van die mens.

Daar is geen beperkings op God se vermoë om deur opregte gebed te red nie. Die moontlikhede van gebed is gekoppel aan die oneindige regverdigheid en almag van God. Daar is niks wat te moeilik is vir God nie.

Gebed

Here, omdat alles moontlik is by U, weet ek dat die moontlikhede van gebed eindeloos is. Al wat ons moet doen, is vra. Amen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat Jesus Christus vir ons kom leer het oor gebede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.