Gedagte vir die dag: Leef en loop vir die waarheid

Argieffoto (Foto: Joel Muniz/Unsplash)

“Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek” (Handelinge 9:28).

Skrifgedeelte
Handelinge 9:28

Oordenking
ʼn Amerikaanse vriend sê op ʼn keer vir my Suid-Afrikaanse Christene is te veel daarop ingestel om te staan vir die waarheid, maar ons is te min daarop ingestel om te loop vir die waarheid. “We don’t need a standpoint, we need a walking point. We need to walk for Jesus and to walk with Jesus,” was sy woorde. Net so.

Jesus was nooit staties vir die waarheid nie. Hy het die ganse wêreld vol geloop hiervoor en ook hiermee. Jesus het geweet die tempel van Israel in Jerusalem het mense nie voldoende aan God bekendgestel nie. Die tempel was onbeweeglik. Daarom het Jesus gekies om dit anders te doen. Hy het God se heerlikheid op straat en tussen mense kom uitstraal. Sy eerste volgelinge word juis ook in Handelinge 9 beskryf as “mense van die Pad”. Hierdie opmerking verwys onder andere na hulle eie mobiliteit en beweeglikheid met die Goeie Nuus van Christus. Saam met hulle moet ons ook weer kies om nie net vir die Here se waarheid op te staan nie, maar om die wêreld vol te loop en te leef ter wille daarvan.

  • Hierdie oordenking verskyn in ʼn Veilige vesting deur Stephan Joubert. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.