Gedagte vir die dag: ’n Vervullende lewe

(Foto: Catalin Pop/Unsplash)

Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie. Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig. (Psalm 1:1)

Gehoorsaamheid is die sleutel tot ’n vervullende en produktiewe lewe. Wanneer jy God en sy Woord gehoorsaam, sal jy ’n skoon gewete en ononderbroke gemeenskap met Hom hê.

Wanneer jy ’n hegte verhouding het met God, sal jy ook ander eer en respekteer, en saam met hulle werk eerder as teen hulle. Dan sal jy jou tyd en energie bestee aan dinge wat blywend is – dinge waaraan God waarde heg. So sal gehoorsaamheid vir jou vreugde bring.

Hoe kan jy vandag vreugde beleef deur jou gehoorsaamheid aan God?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Amen

Hierdie boodskap moet aan elke jongmens se hart gespeld word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.