Gedagte vir die dag: Neem die kruis op

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aankom” (Matteus 16:24).

Skrifgedeelte
Matteus 16:24

 

Oordenking
ʼn Christen se lewe kan nooit sonder ʼn kruis wees nie, het Gordon Wakefield geskryf – ons dra Christus se kruis asook ons eie kruis. Van die krip tot by die kruis, van Betlehem tot Golgota, en van daar af al die pad tot by my eie lewe – dit is die verhaal van geloof in ʼn neutedop.

Toe ek deel geword het van Jesus se verhaal, het dit my verander in iemand wat gekruisig is én ʼn kruis dra. Die verhaal van Jesus maak dit baie duidelik dat my lewe van voor af begin.

Ek vind my nuwe identiteit by die krip, die kruis en die leë graf. Dit is ook waar ek elke dag die rigting vir my lewe vind. Jesus is my enigste kompas. Sy koms, dood en opstanding is die enigste redes vir my bestaan. Dit is waarom ek vandag vir Hom kan leef, selfs al rus daar ʼn kruis op my skouers. Dit is waarom ek Hom kan volg, want Hy het alles vir my opgeoffer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.