Gedagte vir die dag: Om telling te hou

stiltetyd-heuwels-berge-john-loannidis.jpg

(Foto: john-loannidis/pixabay.com_

“Verdra mekaar en as enigeen ʼn klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.” (Kolossense 3:13)

Skrifgedeelte
Kolossense 3:13 (NLV)

Oordenking
Jy kan seker nog Petrus se vraag aan Jesus in Matteus 18:21 onthou: “Here, hoeveel maal moet ek ʼn medegelowige vergewe wat iets verkeerds teen my gedoen het? Selfs tot sewe maal toe?” Petrus het mos gedink hy is nogal oorvloedig met sy vergifnis. Dit het egter beteken dat die kans op vergifnis hierna nul was en al wat dan sou gebeur, is dat gevoelens van haat en wrewel sou toeneem.

Jesus se antwoord sê eintlik ons moenie telling hou van hoeveel keer ons iemand vergewe nie, want daar is geen einde aan vergifnis nie. Ons moet altyd bereid wees om ons naaste te vergewe. Jesus se volgelinge dink ook nie aan die oortredings van hulle vriende, familie of kollegas nie. En terwyl ons nie blind is vir ander se foute nie, moet ons nie daaroor skinder of gemeen wees daaroor nie. Ons moet mekaar eerder in Christus se liefde teregwys en probeer help.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.