Gedagte vir die dag: Opposisie

man_pad_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Ek roep tot die HERE; ek pleit om die HERE se genade. Ek stort my klagtes uit voor Hom en vertel Hom van my kwellinge. Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad. Op die pad waarop ek loop, het hulle vir my ’n strik gestel. (Psalm 142:2-4) 

Soms ervaar jy oorweldigende teenkanting en voel jy totaal hulpeloos. God herstel jou vertroue en herinner jou dat Hy jou net so sal verlos van jou probleme soos Hy dit in die verlede vir sy volk gedoen het.

Jy kan vol vertroue wees wanneer jy teenkanting ervaar in die wete dat God sterker is as jou grootste probleme en dat Hy sy krag sal gebruik om jou te help. Hy belowe om by jou te wees. Sy krag is vir jou beskikbaar wanneer jy binne sy wil lewe.

Watter teenstand moet jy vandag hanteer? Het jy God gevra om jou te help om dit te oorkom?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.