Gedagte vir die dag: Vergifnis

Argieffoto (Foto: Joshua Earle/Unsplash)

“Wees vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het.” (Efesiërs 4:32)

Skrifgedeelte
Efesiërs 4:32

Oordenking
Ernest Hemingway het eenkeer ’n storie geskryf oor Paco wat ná ’n stryery met sy pa van die huis af weggeloop het. Sy pa het ná ’n ruk ’n advertensie in die koerant geplaas wat sê: “Paco, alles is vergewe. Ontmoet my Dinsdagmiddag twaalfuur by die Hotel Montana.” Daardie Dinsdag het 800 jong mans met die naam Paco by die hotel opgedaag.

Dit is maklik om oor vergifnis te preek, maar ’n ander storie as een van jou geliefdes die slagoffer van onreg was. Of as iemand jou verkul het. Ek het nuus vir jou: Jy kan nie vergewe nie. Jy sal dit nooit regkry nie. Jy ken egter iemand wat in vergifnis spesialiseer. Dit is natuurlik Christus! Hy is die enigste Een wat jou deur sy Heilige Gees kan help om die boeke toe te maak en nuwe vreugde in die lewe te vind. Jy moet jou donkerste gedagtes na Hom toe neem. Gee jou seerkry en onvergewensgesindheid vir Hom. En los dit by Hom. Doen dit elke keer wanneer jy voel hoe die bitterheid in jou opwel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.