Gedagte vir die dag: Hy het ons verlos

stiltetyd maroela

Foto: pixabay.com

Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos. (Titus 3:4-5)

Die wonderwerk van die kruis is moontlik gemaak deur die wonderwerk van Christus se menswording. Die engele moes stomgeslaan gewees het toe hulle sien dat die tweede lid van die Drie-enige God mens geword het.

Die baba wat in die stal in Betlehem gebore is, was God, en Hy is gebore om te sterf. Sy dood bevry ons van ons vrees vir die dood. Sy lyding aan die kruis het vir ons sondes betaal, en Hom toegelaat om te verstaan en ons te help.

En die wonderlikste van alles is dat die menswording permanent is. Christus het opgestaan in ’n verheerlikte liggaam wat Hy vir ewig sal hê. Dis nie dat Jesus skielik opgehou het om ’n mens te wees ná sy hemelvaart nie. Nee, die tweede lid van die Drie-eenheid sal ’n mens wees wat vir ewig op die nuwe aarde sal regeer.

Hy is geskep deur ’n ma wat Hy geskep het. Hy het woordeloos as baba in die krip gehuil, Hy, die Woord, sonder wie die ganse menslike welsprekendheid stom is. – Augustinus

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.