Gedagte vir die dag: Hy is reg langs jou

man-veld-boom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. (Jesaja 43:1-3)

Die omstandighede in jou lewe kan jou nooit van God skei nie. Jou moeilike tye keer God nie. Om die waarheid te sê, dit is juis in moeilike tye wanneer God se belofte om by jou te wees die duidelikste na vore kom deur sy oneindige liefde en sorg vir jou.

Wanneer moeilike tye kom, is jy verseker van God se teenwoordigheid reg langs jou?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Linda ·

Ek hoop en bid dat Annelie Botes, die skrywer vanoggend die boodskap kry of raaklees, want haar regterbeen word vanmiddag geamputeer. Sy gaan tans deur baie diep en donker water, so elkeen wat hier lees, moet asseblief vir haar bid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.