Is jy ‘PassieVol’ oor jou geloof?

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Jesus het sy lewe aan die kruis gegee om ons te red. Alles wat ons van God geskei het, is afgebreek. Nou kan elke kind van God by sy voete kniel en Hom aanbid. Nie op grond van ons eie toedoen nie, maar op grond van die prys wat deur ons Verlosser, Jesus, betaal is!

Ons kan soms so eendimensioneel wees in ons emosies rondom die kruis, die evangelie, en ons emosies wanneer ons die Here aanbid. Maar Hy wil al ons liefde hê, Hy wil hê ons moet Hom passievol liefhê. Met ons hele wese. Hy roep ons om Hom lief te hê in ons volheid.

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” Matt 22:37 (NLV)

Ons kan so passievol raak oor dinge soos rugby, ons kinders, ons werk … Maar as dit by die kruis kom, wanneer dit by Christus kom, raak ons formeel en godsdienstig, amper terughoudend; dalk uit eerbied vir God?

Die enigste gepaste reaksie op die verlossing van Jesus, op dít wat die Koning van die konings gedoen het, is ʼn passievolle reaksie.

PassieVol skep so ʼn geleentheid. Dit is twee uur van musiek, lofprysing en aanbidding waarin ons die Here heelhartig dien, asook passievol sy naam grootmaak, want Hy is waardig.

Kom wees VOL in jou aanbidding teenoor Jesus Christus ons Here. Kom wees passievol in jou lofprysing vir wat die Here kom doen het, want Christus het mens geword vir my en vir jou.

Met musiek deur van ons land se voorste kunstenaars staan ons stil by die kruis, by die pyn en verlatenheid wat Christus beleef het, toe Hy uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat …?!” Maar ons vier ook fees omdat die verhaal nie daar eindig nie. Hy het opgestaan! Die graf is leeg. En daarom sal ons sing.

Die massakoor en see van stemme uit die gehoor vul die liedere aan wat deur ons land se bekendste sangers gesing word. Gaste kan ook uitsien na solo’s en musiek deur Jo Black, Monique Steyn, Retief Burger, Andriëtte Norman, Bernice West en Jannie Moolman. Hykie Berg en Lindie Strydom vorm deel van die produksie as aanbieders en storievertellers.

Die skeppers van PassieVol, Johan Kelber en Renier Keyser, sê: “Hierdie geleentheid is meer as net musiek. Dis ʼn ervaring. ʼn Ontmoeting met Jesus! Ons is daartoe verbind om mense te lei tot hernude intimiteit met God, om mense bymekaar te bring om die naam van Jesus groot te maak.”

Datum: Sondag 16 April 15:00 – 17:00

Plek: Moreleta-kerk,  DeVillabois Mareuilweg 1353, Moreletapark, Pretoria

Koop jou kaartjie op iTickets  of besoek passievol.com vir meer inligting.

Aangebied deur Voelgoed Media en Moreleta Kerk, en met trots geborg deur Genesis Nutritional Products, AgricultSURE en Finbond Mutual Bank.

Met Attooh, Caring Daisies, Placecol Skin Care, Slender Wonder Head Office, Stargate International, Vusela, Adios en Gert & Elize van der Linde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.