Gedagte vir die dag: Jy is ʼn diamant in die Vader se hand!

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Soos ʼn diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie …”  (Esegiël 3:9 – AFR83)

Wat ʼn kragtige vers! Soms raak ons angstig wanneer ons onder geweldige druk geplaas word; maar God het nie aan ons ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Hy rus ons toe met moed en dapperheid van gees, sodat ons onbeweegbaar kan staan teen die aanvalle van die vyand.

Aanstelling kom van die Here. Hy beloof om ons nie bo ons vermoëns te beproef nie. Wanneer dinge regtig hard en moeilik raak, sien dit as God wat só baie vertroue in jou stel, dat Hy jou uitverkies het vir ’n tyd soos hierdie omdat Hy weet wat Hy in jou geplaas het en omdat NIEMAND hierdie situasie beter kan hanteer as jy nie.

Beproewings is nooit daar om ons af te takel nie, maar altyd daar om ons op te rig, met buitengewone wysheid, strategie, deursettingsvermoë, insig, kennis, en verstand. Ons groei die meeste wanneer dinge nie uitwerk soos ons dit beplan het nie.

God wil hê dat ons Hom ook in ons uitdagings vertrou. Jy is nie alleen in dit nie. Hy is by jou. Jy sal terugkyk op hierdie dag en sê, “Waarlik God is ewig getrou, aan Sy liefde is daar geen einde nie. Hy het vir my geveg, aan my guns gegee en my grondgebied vermeerder!”

Jy is die kop en nie die stert nie. Altyd bo en nie onder nie!

Geskryf deur Alta Strauss
Facebook | Instagram | E-pos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.