Gedagte vir die dag: Kind van God

baba_hand_pappa_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Korintiërs 8:9)

Jesus is ongelooflik goed vir ons. Hy het die hemelse eer en glorie wat Syne was, prysgegee ter wille van sondige mensekinders. Hy was gewillig om as gewone mens na die wêreld te kom, om arm te wees sodat dié wat in Hom glo die hemelse rykdom kon beërwe.

Jesus, die grootste Koning van alle tye, was gewillig om die hemel te verlaat en as ’n gewone mens gebore te word sodat jy God se kind kan word.

Ek glo die grootste toets vir menslike grootheid is ware nederigheid. ~ John Ruskin

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.