Gedagte vir die dag: Laat Hom toe om te werk

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dis God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:13)

God dwing jou nie om te verander nie. Wanneer jy Hom in jou lewe innooi, gee jy Hom toestemming om jou deur sy krag te verander. As jy deur jou eie krag probeer verander, sal jy nie goeie resultate verkry nie, maar ontmoedig raak.

Laat die krag van God eerder die werk van transformasie in jou begin doen wat ’n leeftyd lank sal duur. Jy sal duidelike veranderings in jou lewe sien wanneer jy God toelaat om sy werk in jou te doen.

Hoe kan jy God toelaat om jou van binne af te verander?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.