Gedagte vir die dag: Leef met passie

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

(Foto: Nathan Steyn)

Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. (Efesiërs 3:19)     

Desembermaande het gewoonlik meer as die gewone kwota emosies. Ons nader die einde van ’n lang pad, is moeg en is nog besiger as gewoonlik. Eintlik wil ons net ons goed pak en op ’n stil strandjie gaan sit waar niks of niemand ons in die hande kan kry nie.

Maar nou kán ons nie. Ons moet nog die laaste gejaag van die jaar met groot grasie klaarmaak. Boonop is daar nog ’n klomp vakansieplanne wat gefinaliseer moet word en familiebyeenkomste wat beplan moet word. Gaan dit weer ’n Desember wees waar gemoedere hoog loop en dinge maar net nie uitwerk soos jy gedroom het nie? Of gaan jy dit vanjaar ánders benader?

Die keuse is joune. Jy het dalk nie beheer oor wat alles in hierdie maand oor jou pad gaan kom nie. Maar jy het verseker beheer oor die manier hoe jy dit gaan hanteer.

Vader, ek kniel met passie voor U. Sal U my leer hoe om die lewe – ongeag alles – met oorgawe te geniet?

Bron: Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KaRoOkWaGgA ·

Die maand lê soos ‘n onbekende pad voor my, maar een ding is ek verseker van, ek loop die pad saam met my Skepper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.