Gedagte vir die dag: Liefde: dís waaroor dit gaan

 laventel-veld-stiltetyd-mouse23.jpg

Foto: mouse23/pixabay.com

Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer van God. (Efesiërs 5:2)

“Ek is lief vir die Here. Maar huiwer om te sê dat ek ’n Christen is. Ek het net al te veel kere groot kerkgangers gesien wat harteloos en ongenaakbaar leef. En dan aan die ander kant ander gelowiges of nie-Christene beleef wat ’n lewe van liefde, omgee en genade teenoor ander leef. Is daar fout met my en sal God my aanvaar soos ek glo … en dink?” So lees die vraag aan my een oggend op Facebook.

Die antwoord hierop is: God het nie van ons mense gemaak sodat ons Christene kan word nie. Hy het van ons Christene kom maak sodat ons ménse kan wees. Mense wat ander onvoorwaardelik omarm, inlaat, koester en liefhet. Mense wat die Vader se hart aan die wêreld demonstreer. Wat sý onvoorwaardelike liefde eenvoudig lééf in die werkplek, daar waar ons inkopies doen, kuier … waar ons elke dag gewoon leef.

God se weg is geplavei met een woord: Liefde. Mag ons “liefde” regkry!

Skyn u liefdeslig deur my krake, asseblief, Vader.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here help my om so te lewe dat ander U in my kan sien, tot eer en verheerliking van U Heilge Naam…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.