Lofsang en aanbidding vanuit jou sitkamer

(Foto: Facebook)

Die Facebook-blad ‘Worship South Africa’ maak dit nou moontlik vir Suid-Afrikaners om saam met bekende en nuwe lofsang- en aanbiddingsleiers reg oor die land te sing tydens die inperkingsperiode.

Die sangeres Stella Combrink het hierdie projek begin omdat sy mense wou bemoedig om te fokus op die Here tydens inperking.

Sy vertel sy wou aanvanklik self lofsang en aanbidding lei op Sondae deur ʼn regstreekse uitsending op Facebook, maar soveel mense het aangebied om te help, dat die uitsending nou deur die hele dag gedoen word.

Worship South Africa bied mense die geleentheid om enige tyd van die dag op Facebook in te skakel, waar hulle ook al is. Lofsang en aanbidding word van 06:00 tot 00:00 elke dag van 1 tot 15 April regstreeks uitgesaai. Elke 45 minute neem ʼn nuwe lof- en aanbiddingsleier oor vanaf hul eie sitkamer.

Stella (Foto: Verskaf)

“Ek voel asof die tyd waarin ons nou is, ʼn stryd vir baie mense is. En enige stryd in die Bybelse tyd is gewen deur lofsang- en aanbiddingsleiers vooruit te stuur. So die Here het vir my gesê dat ons dit moet doen deur die hele verloop van die inperking. Ons moet Suid-Afrika toemaak in ʼn kombers van praise and worship,” sê Stella.

Stelle vertel dat sy nie eens die helfte van die leiers ken nie, maar dat almal gretig was om in te spring om die platform te laat realiseer.

“Ek was baie oorweldig die eerste twee dae, want toe het ek alles self gedoen. Maar mense het so ingespring om te help en het my hande lig gemaak.

“Dit is wonderlik om te hoor hoe mense vertel hoe die platform hulle seën. Dit skuif hul fokus na die Here, en dit is presies wat ons wou doen.”

Kunstenaars soos onder andere Joe Niemand, Mervis, Stella, Retief Burger, Henrico & Anja, Heinz Winckler, Francois de Beer en VirAnder is ook by die platform betrokke.

Stella sê die visie met hierdie uitsendings is om ʼn stem van lig en hoop te wees en om mense se fokus weg van die inperking en terug na die Here te verskuif.

“Hy het al lankal geweet hierdie ding gaan ons tref en Hy weet wat die pad uit it. Hy wil vir ons sê: ‘Kom terug na my, kon vind jul vrede by my, kyk na my!’.”

Skakel in by Worship South Africa deur om hier te klik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oujongvrou ·

Nouja ons wat nie op facebook is nie sal maar nie kan luister nie.

Gawie ·

Wat ‘n wonderlike inisiatief! Dankie Maroela dat julle ons hiervan laat weet het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.