Luister: Griekwagebed – Ek is veilag

 blom-tussen-klippe_namakwa_griekwagebed-2.jpeg

Argieffoto (Foto: Annelize Brits/Maroela Media)

Ek is veilag

Uit: Psalm 4

My Jirre wat my red,
hoor tog my gebed:
ek weet, ek gat bangerder raak,
ma U sal vi my ’n sitplek maak.
Wees met my bietjie sag
as ek so bid-bid sit wag.

Dies wat innie foutpat afstreep,
en my naam derie modder sleep,
hoe lank gat jille nog sleg bly
en lieg se skewe spore sny?
Die Jirre sal Hom arms om dies slaat
wat op hille se kniege met Hom praat.

Ma as jy die dag kwaad wil raak,
moet jy vesigtig met wat jy maak.
Loop lê liewerster bietjie op jou se kooi,
bly stil, en praat net met jouself eers mooi.
Dien nettie Jirre, kom
sit jou se trou op Hom.

Baie sê: wanner sal dit weer goed met ons gaan,
wanner sallie Jirre met Hom lig voor ons staan?
Daaroor sal ek blyerder kan raak
as oor ’n niewe kraal vol skaap!
Dan kan ek mos loop lê,
daatlik slaap, want ek sê:
dis mos nou net U, my liewe Kroon,
wat my veilag hier oener kan lat woon.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.