Psalm 121
Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy’t nou jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikeit dop.
Hy’s mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt.
Hy’s oor jou vi ewig en vi altyd.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre. Geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hoe pragtig is die Psalm nie in Griekwa taal nie….dankie Here dat U Gees in ons woon