Spreke 18:4
die woorde vanne man se mond
wat sos waterse oener ytie grond
ytborrel en ytspyt net sosse fontein,
solike ene loop deetlik oppie jaartse rond.
Spreke 19:7
assie armlike se broerse niks van hom wil wetie,
en hy se vrinde nie meer saam met hom wil etie,
kan jy hille veniet op jou se twee kniege sit soebat
lat hille jou seblief tog nie moet staat vegietie
Spreke 19:13
‘n dwarstelike kjent veniel hom pa se lêplek
en hy sal die se dood nog kos, dit sien ek,
ma, my kjent, lyster jy nou: ‘n twistelike vrou
is slegterder asse handpomp wat drip-drip lek
Spreke 19:17
werk nou met ‘n armlike mens saf
en dis sos leningse vannie onse Jirrie af:
jy sal gat sien hoe petalie Grootkaptein
maand vi maand somme self daai slide af
Spreke 19:18
paens, jille moet jille se kjennerse tig,
dit, sien ek nou, issie hele paens se plig,
anners bly sit hille sos boomkykense
tot grootmenstyd op jille se krolike rig
Spreke 19:25
gjee jy nou virrie onnooslike ‘n klap,
sal hierie jongetjies ál vesigtigder trap,
marrie vestandige man worre net deetliker
elkere keer as jy vi hom gat slat
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.