
(Foto: Elaine Krige)
Hiermee die slot van die Griekwagebede.
Die volledige reeks is hier beskikbaar: Griekwagebed
Spreke 23:10-11
moenie die drade breek wat hoeka gespan issie,
moenie kampe veskywe offie ou bakense wissie,
moet nou nie die weeskjenerse se grond staat steel
want hille se Jirre issie aan jou se kant innie twissie
Spreke 23:26-28
glo nou vir my, my seun, en onthou:
sosse gevaarlike dyn issie slegte vrou;
mettie bierman se vrou val jy innie putse in,
hy lê toor mettie goeie man se trou
Spreke 24:13-14
eet heuning, my kjent, dis gesond,
dit smaak soet in jou se mond,
so smaak die gelerenteit ennie deetlikeit:
en jy loop met oormore in jou rond
Spreke 24:30-24
toet ek nou by ‘n ly mens se jaartse vebystap,
sien ek hy’t gevegjeet om te dien vylgoed yt te kap:
nog ‘n bietjie innie kooi, nog ‘n bietjie rus en innie son sit,
ennie armte kom vat jou sosse skelm innie nag
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Foutiewe “audio file” gepubliseer. Selfde as vorige dag. Moet wees vir Spreke 23 en 24 asb. Ek sien “slot”. Was dit die laaste van die reeks?. Ek het dit baie geniet. Baie dankie.