Gedagte vir die dag: Mense wil versorg

Stiltetyd-1.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Dié wat nie hulle eie familie versorg nie, veral dié wat in dieselfde huishouding woon, verloën wat ons glo. Sulke mense is slegter as ongelowiges. (1 Timoteus 5:8)

Die meeste mense werk baie hard om vir hulle gesin alles te gee wat hulle nodig het. Mense wil versorgers wees sodat hulle gesin niks sal kortkom nie. As mense, veral mans, nie kan sorg vir ’n huis, kos, klere, opvoeding en nog al die ekstra lekker dinge nie, voel hulle maklik soos ’n mislukking. Daarom laat werkloosheid en armoede veral vir ’n man voel hy het misluk as man.

Maar die ander uiterste is ook gevaarlik, naamlik wanneer mense versorging oordryf of verkeerd verstaan. Dis wanneer jy glo jou kinders is net gelukkig wanneer hulle alle materiële dinge het en wanneer jy jouself oorwerk daarvoor. Versorging is meer as kos, klere, huis en ekstras. Versorging is ook die hartsbehoeftes, die geestelike leiding, die sielkundige “vitamiene”. Die kosbaarste dinge in die lewe is juis dit wat geld nié kan koop nie. Navorsing wys dat, nadat in die basiese lewensbehoeftes voorsien is, geluk nie toeneem nie al voeg jy baie luukshede by. Sorg vir jou huis begin by gesels, belangstel, tyd en aandag gee. Wees ’n goeie gewer  hiervan.

1 Timoteus 5:8 is baie duidelik oor ons versorgingsopdrag.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Ds Henk….dit is sulke waar woorde…dankie Here U Woord raak elke aspek van ons lewe aan….leer my om beter te luister..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.