Gedagte vir die dag: ’n Hemelse uitnodiging

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. (Filippense 3:20, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Die een wat aanhou oorwin, sal net so met wit klere aangetrek word. En Ek sal sy naam nooit uit die Boekrol van die Lewe vee nie, maar voor my Vader en sy engele getuig dat hy van mý mense is. (Openbaring 3:5)

Ons weet ons het ’n plek in die hemel, nie oor iets wat óns gedoen het nie, maar slegs omdat ons ’n liefdevolle God het wat ons gered het. Gelowige mense gaan hemel toe, nie goeie mense nie. Efesiërs 2:8 sê ons is uit genade gered, deurdat ons glo, en dat dit ’n geskenk van God is, nie iets wat ons self gedoen het nie.

Dit gaan alles oor Jesus en sy getuigskrifte en het niks met ons te doen nie. Dit is alles sy plan en sy optrede wat sy kinders red. Wat moet ek en jy doen? Ons moet slegs vertrou en glo dat Hy dit sal doen. Ons kan dit nie verdien nie. Ons moet dit bloot glo en dan ontvang.

Jesus sal ons name nooit uit die Boekrol van die Lewe vee nie. Hy sal ons persoonlik aan die Vader voorstel. Romeine 10:9 sê: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.

Gaan stap vandag ’n ent en gesels met Jesus. Sê net vir Hom dat jy Hom beter wil leer ken.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.