Gedagte vir die dag: Nuutgemaak

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)

Om nuut te begin, gee jou altyd ’n vars visie en doel, vernuwe jou energie en wakker jou belangstelling aan in areas waar jy dalk in ’n groef beland het.

Die heel belangrikste nuwe begin in jou lewe is wanneer jy van rigting verander en Jesus begin volg.

Wanneer jy in Jesus Christus glo, slaan jy nie bloot ’n nuwe blaadjie om nie – jy word letterlik herskep. Jy word van binne af getransformeer en dit verander die manier hoe jy na buite optree. Jy begin ’n nuwe lewe!

Het jy Jesus al toegelaat om jou ’n nuwe mens te maak? Hoe sal dit jou gedagtes verander en jou hierdie jaar anders laat optree?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.