Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang. (1 Petrus 5:2, 4)
Die mense van Petrus se tyd was fyn ingestel op Jesus se wederkoms. Petrus wys sy lesers daarop dat Jesus se wederkoms naby is.
Petrus praat hier met die ouderlinge van die gemeente, waarvan hy een is. Hy wys hulle op hulle groot verantwoordelikheid om oor die lidmate van die gemeente toesig te hou, soos ’n herder oor sy skape toesig hou.
Die ouderlinge moet vir die gemeente ’n voorbeeld stel sodat daar orde in die gemeente kan wees. Die ouderlinge behoort hulle plig teenoor die gemeente met liefde en toewyding na te kom, en nie onder dwang nie. Miskien dink Petrus hier terug aan die dag kort ná Jesus se opstanding, toe Hy hom drie keer gevra het om sy skape op te pas.
Paulus skryf ook aan die jongmense in die gemeente. Húlle behoort hulle weer daarop toe te spits om nederig te wees en eerbied te betoon teenoor ouer mense. Ook jy het ’n spesifieke taak in jou eie gemeente. Doen dit altyd vrywillig en met liefde en nie uit dwang nie.
Hemelse Vader, help my om die spesifieke taak wat U vir my in my eie gemeente het, vrywillig en met liefde en entoesiasme te doen. Amen.
Ja die wereld sal ons wil stil maak dinge gaan gebeur maar ons dien n Groot God kry net jou Kant skoon hou op negatief wees dinge lyk sleg ja maar wat se PS 23 spreek lewe oor dinge nie dood ###HY IS IN BEHEER