Gedagte vir die dag: Skool

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. (Spreuke 22:6)

Opvoedkundige instellings, hetsy openbaar of privaat, staar allerhande uitdagings in die gesig, en studente, onderwysers en ouers kan soms angstig en oorweldig voel. Of die druk akademie, nuwe vriende, oorvol skedules, groepsdruk, finansiële uitgawes of buitemuurse aktiwiteite is, ons as Christene het die merkwaardige versekering dat God met ons is waar ons ook al gaan. Bemoedig en versterk deur sy teenwoordigheid en toegewyd om op die smal pad te bly, is dit ononderhandelbaar om ons te beklee met sy liefde. Of ons op die skoolstoep stap, in die parkeerterrein loop of by die bushalte wag, weinig mense is bestand teen die krag van Jesus se liefde, veral wanneer ons dit uitleef.

Of ons ouers of grootouers is, ons kan getrou vir ons kinders en kleinkinders intree, hulle ondersteun en versterk wanneer hulle allerhande versoekings in die gesig staar, op avonture gaan en nuwe verantwoordelikhede aanvaar. As medewerkers van God is die geestelike groei van die volgende generasie tot ’n groot mate in ons hande en gebede.

Vader, mag ongelowige personeel en leerders diep aangetrokke wees tot u onvoorwaardelike liefde, duidelik sigbaar in die lewe van gelowige kollegas en klasmaats. Gee Christene wysheid en vrymoedigheid om hul geloof uit te leef. Roep onderwysers, ouers en jeugwerkers op om studente te help wat akademies sukkel, probleme het by die huis en ontwrigtend is in die klas. Rus personeel toe om diegene te konfronteer wat gemeen is en maak hulle bewus van kinders wat geboelie, beskinder en geïgnoreer word. Beskerm onderwysers, help hulle om stres effektief te hanteer en gee hulle nuwe energie, passie en kreatiwiteit. Amen

Bron: In vreugde en vertroue deur Suria Scholtz
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ons vir onderwysers en leerders mag bid…vou hulle toe in U liefde en beskerming….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.