Gedagte vir die dag: God se skool van gereedmaking

twee_mense_stap_sonsondergang_boekvat.jpg

Foto: jorgeschulz.wordpress.com

Die oplossing van die geheim is in ’n gesig vir Daniël gegee. Daniël het toe die God van die hemel geloof en gesê: “Loof die Naam van God vir altyd, ja, altyd; aan Hom behoort wysheid en krag.” (Daniël 2:19-20)

God werk deur gewone mense. En heel dikwels gebruik Hy moeilike en uitdagende tye as ’n skool om sy mense voor te berei. Kom ons dink:

  • Noag en sy gesin moet vir ’n jaar in ’n ark bly. Toe hulle uiteindelik kon uitkom, word Noag die vader van alle nasies;
  • Naomi word van alles gestroop in die land Moab, maar sy en haar skoondogter gaan na Betlehem en hulle word deel van die grootste liefdesverhaal van die Bybel;
  • Vir 15 jaar nadat Dawid aangewys is as die koning van Israel, word hy eers teruggehou. Wanneer hy uiteindelik vrygelaat word, skryf hy die wonderlikste psalms.
  • Daniël word 70 jaar in Babilonië aangehou. In dié tyd skryf hy die boek Daniël waarin hy ons vertel van God se sorg in moeilike tye.

God kan die ongewone deur jou, gewone mens, doen! Vertrou Hom daarmee.

Gestuurde, stuur my.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.