Gedagte vir die dag: Storms en fondasie

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam. (Lukas 6:47)

Miskien ken jy die liedjie van die wyse man wat sy huis op die rots gebou het. Toe die reën begin val en die vloed styg, het die huis stewig gestaan. Die dwase man het egter sy huis op die sand gebou en toe die reën neerval en die storm kom, het sy huis platgeval.

Dit is ook ’n bekende gelykenis wat Jesus vertel het om ’n baie belangrike lewensbeginsel vir ons te verduidelik: Elke mens is eintlik ’n tipe bouer. Om te leef beteken om te bou. In hierdie gelykenis wil Jesus ook beklemtoon dat elke hoorder van die evangelie gesien word as ’n bouer.

Daar is eintlik net twee tipe bouers. Die een is, volgens Jesus, ’n wyse bouer en die ander is ’n dom bouer. Die wyse bouer het die regte insig en bou sy huis, dit is sy lewe, op Christus wat die rots is (1 Pet. 2:6; Rom. 9:33; 1 Kor. 3:11; 10:4). Ons lees reeds in die Ou Testament dat God vir ons soos ’n rots is (Deut. 32:15, 18; Ps. 18:3; Jes. 17:10).

Storms is onvermydelik. Dit gebeur. Ook in goeie mense se lewe. Bou dus jou lewe op die woorde van Christus. Pas jou lewe met erns en gebed aan volgens Jesus se woorde soos dit in die Bybel staan. Dan kan die lewenstorms maar kom.

Bron: Jesus se woorde vir elke dag deur Jan de Wet
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.