ʼn Kenner oor internasionale kwessies meen die verbod word eintlik deur ʼn klein minderheid in Nederland gedryf wat teen landbou gekant is.
Lees meerAlles vir Woensdag 7 September 2022
Wysigings aan hoëronderwysbeleid ‘bedreig private instellings’
“Hierdie regering kniehalter in werklikheid gemeenskappe se regte om oplossings te vind, terwyl hulle eintlik verantwoordelikheid vir die onderrig en opleiding van die jeug moet neem.”
Skuiling vir gestremdes, bejaardes het dae later weer krag
“Waarom is dit nodig om eers tot sulke drastiese stappe te moet oorgaan alvorens daar ʼn positiewe uitkoms is?”
Beamptes word ondersoek ná Uvalde-skoolskietery
Die leerders het Dinsdag vir die eerste keer teruggekeer skool toe ná die noodlottige aanval in Mei vanjaar.
Skoolbus tref leerders by halte
Een leerder is dood en verskeie ander beseer.
ToekomsVenster: Geel vetkousies en weeskindertjies
Ons is bymekaargemaak en is almal Sy kosbare blomme.
Boek: Rampe wat SA geruk het
In die boek ondersoek Chris Schoeman onder meer rampe soos die pokke-epidemie (1713), die Blaauwkrantzbrug-treinongeluk (1911), en die Groot Depressie (1933).
Gedig: Die woedende brood
“Hulle wat brood eet, nie brood metafories nie, maar brood met olie en sout op, is nooit soos dan so heel nie.”
Tiger Brands herroep sekere babaprodukte
Spore van asbes is in monsters van ’n besending farmaseutiese poeier aangetref.
Gupta-bondgenoot mag oorsee reis
Eric Wood is vroeër vanjaar op borgtog van R250 000 vrygelaat.
Elzabie dalk nog nie dood toe sy afgelaai is
Die vyfde verdagte, teen wie alle klagtes laat vaar is, het vir die polisie gewys waar hulle vir Elzabie Brand gelos het “terwyl sy nog lewend was”.
Skote klap buite Durbanse hof
’n Hofbeampte is ook tydens die skietery gewond.
Resep: Pasta met frikkadelle
Daar is niks lekkerder as ’n bord pasta nie en dié frikkadelle-dis moet beslis by jou familieresepteboek gevoeg word.
Dié wet kan regering meer mag gee
“Die geskiedenis is belaai met voorbeelde van wetgewing wat misbruik word om kritici van regerings in hegtenis te neem onder die dekmantel van die bekamping van terrorisme.”
Koa – die eerste aanlyn ‘pod’-skool
Koa Academy het Suid-Afrika se eerste aanlyn “pod”-skool geword waar leerders en onderwysers in groepe van agt georganiseer word.
Geen filters welkom op dié nuwe app
Sosialemediakenner Magriet Groenewald gesels oor ʼn nuwe app wat jou sonder waarskuwing vra om ʼn ongekunstelde foto van jouself binne twee minute te deel. Sal jy dié app gebruik?
Vrou, tuinier op plaas by Leandra aangeval
Drie aanvallers, wat glo met twee gewere vuurwapens en ‘’n mes gewapen was, het die tuinier op die erf oorval en ernstig aangerand voor hulle die huis binnegegaan het en die vrou drie keer met ‘n mes gesteek het.
Botaniese fees ’n eerste vir kusstad
Dié fees trek egter nou ’n splinternuwe, groen baadjie aan om die lentebloeisels te verwelkom en diegene met groenvingers te bekoor.
Eskom kry sy R30 miljoen terug
Daar is in 2018 reeds bevind dat Brian Molefe persoonlik betrokke was by die onwettige toekenning van pensioengeld ten bedrae van R30 miljoen.
Verkeerde Liz Truss(el) laat Twitter gons
’n Doodgewone Twitter-gebruiker is oor die afgelope paar dae verkeerdelik as Brittanje se nuutverkose premier aangesien.