Gedagte vir die dag:  Swaarkry kan ’n wins wees

man_alleen_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. (2 Korintiërs 1:4)

God onderneem om sy kinders in elke moeilikheid te help. Maar Hy vra van ons om dieselfde met ander mense te doen, om hulle te help en te troos in hulle krisisse. Ons behoort dieselfde troos met hulle te deel as wat God óns gegee het.

Swaarkry kan ’n groot wins in jou lewe oplewer: dit leer jou nie net dat God altyd daar is om jou te troos nie, dit gee jou ook insig in en simpatie met die probleme van ander.

Laat u liefde deur die krake in die kleipot van my lewe op ander uitlek. ~ Annes Nel

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.