ToekomsVenster: Daar moet gebid word vir alle mense

(Foto: Jon Tyson/Unsplash)

1 Tim.2:1-4 – Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Wat is op God se hart, mag jy vra? Paulus maak dit duidelik. Hy wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Alle mense. Ongekwalifiseerd en inklusief.

Die kerk se werk is duidelik geartikuleer. Mense moet by Jesus uitkom. Dit is ook waarmee Paulus homself besig hou, sê hy. Hy is prediker, apostel en leraar wat die heidennasies moet onderrig in die boodskap van die geloof en waarheid. Hy beywer homself daarvoor. Die spoor wat ʼn mens volg wanneer jy sy reise volg deur die destyds bekende wêreld onderstreep die feit onteenseglik.

Die owerheid het eweneens ʼn plig en verantwoordelikheid. Die owerheid is nie die kerk nie en moenie die kerk se werk doen nie. Die owerheid moet ʼn atmosfeer en konteks skep en in stand hou waarbinne die kerk, ook ander samelewingsverbande, met die werk kan voortgaan. Hulle moet ʼn wêreld help skep waar mense in rustigheid en veiligheid kan woon en werk. Dit is nie die kerk se plig nie. Die kerk het sy werk, so ook die owerheid. Om dit daar te stel moet daar met smeking, voorbidding en danksegging gebid word vir alle mense, in besonder die owerheid.

Ek wonder stellig: Hoe lyk dit met jou saam? Is ons besig met ons taak as kerk en bid ons vir die owerheid dat hy sy taak sal uitvoer?

Ons gaan rekenskap gee van hoe ons besig was met ons opdrag. Die owerheid sal eendag ook dieselfde moet doen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen