ToekomsVenster: Die Amen op die gebed

gebed-hande-kerkbankie-deur-himsan

Foto: Himsan/Pixabay.com

Sommige manuskripte sluit die gebed af met die afsluitingsformule:

“Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Wil jy nie vandag stil word en net oor hierdie drie begrippe reflekteer nie?

Wat het jy tot op hede geleer oor die koninkryk wat aan God behoort?

Waarom behoort die krag aan die Here en aan niemand anders nie? Die krag wat redding bring vir elkeen wat glo. (Romeine 1:16)

Sluit jou oë en word bewus van die heerlikheid van hierdie groot Koning wat vandag asemnaby aan jou is. Besing die lof van Hom wat op die troon sit soos wat jy Sy heerlikheid aanskou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.