ToekomsVenster: Die grootste bruilof van alle tye

bruilof

Foto: Photos by Lanty/Unsplash.com

Enkele verdere gedagtes oor die liefde. Ons neem maar net ʼn voëlvlug en sou baie lank kon spandeer om die verskillende konsepte en begrippe wat deur Paulus gebruik word te verken en te verduidelik. Tog is baie daarvan algemene dinge en het ons nie regtig ʼn preek nodig om dit te verstaan nie.

Die bruilof op aarde is ʼn metafoor, simbool en voorspel van die grootste bruilof van alle tye wat in die volmaaktheid gehou sal word. Dis moeilik om jou dit voor te stel maar dit is ʼn realiteit wat deur die Bybel in die vooruitsig geplaas word. Dan sal die kerk, die liggaam van Jesus Christus, sy aanstaande bruid na Hom gebring word.

Ek wonder hoe dit alles sal verloop. (Openbaring 19:9)

Dalk sal die Vader die bruid aan die Seun “gee” soos dit in huwelikseremonies gebeur.

Sal die Seun die bruid se sluier lig en haar met ʼn hemelse kus groet en verwelkom?

Aardse bruide is gewoonlik pragtig uitgevat in ʼn bruidstabberd wat sorgvuldig uitgesoek is. Ook die hemelse bruid sal getooi wees met die helderste en mooiste klere, die goeie werke wat sy in gehoorsaamheid gedoen het.

Ons moet ons gereed hou vir die grootste bruilof van alle tye.

Dit is dalk nie meer lank nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

Ek het ‘n idee die grootste bruilof het ons nog nie beleef nie, dit sal met die wederkoms wees.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Attie

Dankie dat jy laat weet het! Die artikel is gewysig en die ekstra teks is pas verwyder.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.