ToekomsVenster: Die wet van omgee

rose

Foto: Fietzfotos/Pixabay.com

“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.” – Matteus 5:43-45

Omgee is weggee. Dit is meer as net meegevoel; dit is betrokke wees, naby wees en dit is een van die unieke eienskappe van die burgers van die koninkryk, want Jesus se lewe is dié voorbeeld wat hulle volg.

Jesus gee ook die gevolg van hierdie radikale liefde aan hulle wat daar om Hom gesit het en dit is: hulle sal kinders wees van hul Vader in die hemel. Geliefde in die Here, ons Koning is goed en Hy doen goed aan goeie en slegte mense. Hy doen goed aan my en jou. Hy vra van ons om goed te doen aan almal, sonder onderskeid, en deur dit te doen, is ons kinders van die Vader.

Omgee-mense van die omgee-koninkryk in ’n wêreld van mense in nood en mense wat nie omgee vir ander nie. Liefde is volmaak en as ons liefhet, is ons volmaak, soos ons Vader volmaak is (Matteus 5:48).

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.