ToekomsVenster: Eenheid en verskeidenheid

vroue-hande-bid-hannah-busing-unsplash-1.jpg

(Foto: Unsplash/Hannah Busing)

“Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het.” – Efesiërs 1:11 (AFR83)

Ons leef te midde van ʼn diverse samelewing en Suid-Afrika tel onder van die mees diverse samelewings ter wêreld.

Taal en kultuur maak onderskeid tussen ons. Ons dink en doen nie dieselfde nie en ons hoef dit darem ook nie te doen nie. Ons lyk nie altyd dieselfde nie en daarmee is daar ook niks nie fout nie.

Immers, ek het nie en kon nie kies wie ek wil wees nie. Met verdrag het ek geleer dat ek uniek is en saam met ander unieke mense woon.

Ons is almal uniek, besonders, spesiaal en ten minste by God, geliefd.

Wêreldwyd leef ons te midde van ʼn volkere verskeidenheid. Ons volg programme op TV entoesiasties wat ons voorstel aan die interessante wyse waarop mense oor die wêreld hulself oriënteer.

Ons is selfs versigtig met die term “beskaafd” deesdae.

Beteken die feit dat iemand nie kan lees of skryf nie, nie weet van modern verwikkelinge nie, selfs nog nie eers die eerste industriële revolusie gesmaak het nie, dat daardie persoon nie beskaafd is nie?

Woorde en beskrywings bring ons eie verwaandheid en hoogmoed skerp op die voorgrond. Gelukkig leef ons in ʼn era waar mense meer sensitief is vir ander maniere van dink en doen en glo.

Elke liewe persoon is geregtig op ʼn volle dosis respek.

Interessant dat Paulus nie praat van volkere wanneer hy verwys na die unieke versameling mense wat kerk genoem word nie. Daar is net sprake van ʼn volk, een volk. Selfs wanneer Jesus aan die vooraand van sy kruisiging bid vir sy kerk bid Hy vir eenheid onder hulle. Hy verwys daarna dat daar ander skape is maar hulle behoort aan die een kudde. (Johannes 10:16; Johannes 17)

Die beste getuienis dat God is wie Hy sê Hy is, is ʼn geloofsgemeenskap wat in eenheid en harmonie, verdraagsaam en omarming met mekaar saamleef.

Dit sê Paulus is die geheimenis wat in Christus Jesus nou bekend geword het. Daar is nie Jood, Griek, slaaf, vryman, man en vrou in die Koninkryk van God nie, nie as dit verdeel nie. Daar is sprake van een liggaam waarvan Jesus die Here en Hoof is.

Hoe kyk ons na kerk en kerkverband? Hoe kyk ons na medegelowiges wat aan die anderkant van die spoor hul informele struktuur staanmaak? Hoe dink ons oor eenheid en verskeidenheid binne die een liggaam van Christus Jesus?

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Open ons oë van geregtigheid , enkel en alleen U wil Here. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.