Lees: Kolossense 3:13:
“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”
Gebed:
O Here God, dis nie maklik om te vergewe nie! Daar is mense wat my diep seergemaak het en ek vind dit bitter moeilik om dit te laat gaan. Ek kies egter vandag om te vergewe, soos U my my baie sondes dag vir dag vergewe. Help my! Maak my vry! Ek bid ook vir die mense wat my seergemaak het. Seën hulle en genees hulle ook.
Leefwyse:
Vergifnis is nie ʼn emosie nie, maar ʼn daad van gehoorsaamheid; elke dag!
Om oor na te dink:
Vergifnis keur nie sonde goed nie. Vergifnis maak ’n tronkdeur oop vir die persoon teenoor wie gesondig is. Wil jy vandag daardie deur oopmaak?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.