ToekomsVenster: Hy is op soek na die harte van sy kinders

man_sonsopkoms_dink_denker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here, die Almagtige. – Haggai 2:9

Ek kuier steeds met jou na aanleiding van die Esra 3 gebeure. Die fondasie van wat bekend staan as die “tweede tempel” is gelê en dit het twee jaar geneem. Daarna sou opstand die werksaamhede tot stilstand dring en word die projek eers sewentien jaar later hervat. Vier jaar later is die tempel in gebruik geneem.

Ons maak ook somtyds so, vier die lê van die fondasie. Die fondasie is immers uiters belangrik en voorvertel dat iets mooi tot stand gaan kom.

Die geleentheid word met lof en aanbidding begroet. Dit was inderdaad ʼn heuglike gebeurtenis en tog, die ouer garde is erg teleurgestel. Hul ervaring word grafies verwoord in Haggai 2:3:

Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was? Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelyking met die vorige nie?

Dit was inderdaad so. Wat oorgebly het in die land na die verwoestende ballingskap en alles wat daarmee saamgaan, was by verre nie in staat om die luisterryke aanbiddingsplek van Salomo te herbou nie. Op hierdie sigbare en tasbare teleurstelling van die ouer geslag verklaar die Here in Haggai 2:8:

Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige.

God is in staat om al die edelmetale en edelgesteentes te voorsien ten einde ʼn plek wat van uitnemendheid getuig, te bou, maar dit is nie wat Hy wil hê nie.

Soos deur al die jare is Hy op soek na die harte van sy kinders. Nie ʼn veruiterlikte Godservaring nie, maar opregte, Geestelike intimiteit met die God van hemel en aarde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat my hart aan U mag behoort tot in alle ewigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.