“Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.” – Filippense 3:20
Geliefde van die Here; as burgers van die ewige koninkryk van God stel Filippense 3 aan jou en my sekere vrae en uitdagings. Die eerste vraag wat dit aan ons stel is waar ons lojaliteite lê? Ewige burgerskap in die hemel bring tog mee dat ons tans net tentbewoners op aarde is. Soos ’n vriend van my onlangs opgemerk het: “We’re just travelling through.”
Die tweede vraag sal wees watter aanpassings ek in my lewe sal moet maak om daardie dinge, sake en/of gewoontes wat belangrik is vir die land of gemeenskap waarin ek woon, maar wat in stryd met die koninkryk van God is, te laat gaan?
Die derde vraag wat dit natuurlik na vore bring, is hoe belangrik die koninkryk van die hemel regtig vir my in my lewe is? Het ek al by die plek gekom waar ek bereid is om alles te verloor, selfs my grond, my regte, my lewe op aarde, juis omdat my enigste begeerte is om by Christus te wees? Want om Christus te ken, oortref alles in waarde.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.