ToekomsVenster: Leer Hom loof vir ’n gelukkiger lewe

loof-lofprysing-aanbidding

Foto: Matt Botsford/Unsplash.com

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. – Romeine 8:37

Merlin Carothers se wêreldberoemde boek “Prison to praise” roep gelowiges op om God onder alle omstandighede te loof en te vertrou. Daar is ʼn Afrikaanse vertaling met die naam “Leer Hom loof”

Die wêreld en sy uitdagings kan ʼn mens by tye oorweldig. Suid-Afrika is nie vir sussies nie, word gesê. Dis uitdagend en as jy nie fokus nie kan jy maklik koers verloor.

In my gesprek met die klompie werklose matrikulante vir wie ons naald- en houtwerkvaardighede leer het ek vanoggend gesê “hou op om te lewe asof die wêreld jou iets skuld”. Later het ek aan die frase gedink “nobody is coming to rescue you”.

Ons leef somtyds met hierdie slagoffer mentaliteit en die kinderagtige verwagting dat iemand iewers gaan opdaag om ons van al ons probleme te verlos. Selfs Jesus doen dit nie vir ons nie. Christene fokus, identifiseer die uitdaging, ontleed dit, dink daaroor na en neem dan  ʼn besliste besluit dat omstandigheid hulle nie gaan onder kry nie.

Hulle vra die Here se leiding en die Gees se krag en spreek die uitdaging voluit aan.

Immers, met God by my  spring ek oor ʼn muur, leer die Psalmis ons.

Ps. 18:30 – Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.

Wanneer Paulus en Silas in die tronk vasgeketting sit verval hulle nie selfbejammering nie. Hulle verwyt of deel nie blaam uit nie. Hulle sing lofsange en kettings val af terwyl die tronkdeur oopswaai.

Die kettings en tronkdeur is ook metafoor vir die uitdagings waarmee jy dalk vandag gekonfronteer word. Om die Here te loof is terapie vir die siel. Jou aandag word weggetrek van die probleem en na die almagtige God herlei. Skielik kom jy agter dat die bose die saak ver buite proporsie geblaas het. God is groter, altyd en sonder twyfel.

Ek weet dit is nie altyd maklik nie. Ek bely dat ek ook somtyds wonde lek soos ʼn gekweste dier.

Mag die Here ons help om die oë te vestig op Jesus, die begin en die voleinder van die geloof. Mag ons ons harte rig op die dinge wat daar bo is.

Dis waar ons skat ook moet wees.

Loof Hom altyd en oral.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Ps30:18 …miskien verkeerd..kry net 13 verse hier,nie korrekte verwysing maar boodskap nog steeds mooi

Esté Meyer Jansen ·

Hallo Marius

Dankie vir jou navraag. Ons nou die teksverwysing reggemaak sodat dit korrek in die dagstukkie vertoon.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

ronel Hoffman ·

In die dagstukkie is dit Psalm 18 v 30 en nie andersom nie!

Frieda ·

Dankie vir hierdie woorde vandag!!! Dit is wonderlik wat die Hemelse Vader alles vir ons doen en beteken!! Ek loof hom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.