ToekomsVenster: Liefde is na alles prakties

liefde-slotte-slotbrug

Foto: Sylwia Bartyzel/Unsplash.com

Ai, die liefde is ʼn saak waaroor ʼn mens liries kan raak, veral in hierdie tyd van die jaar waar soveel huwelike voltrek word. By vele van hierdie geleenthede sal die lied op die liefde voorgedra word. Daar is uiteraard ʼn plek vir romantiese liefde en dit hoort so. Die liefde waarvan Paulus praat in 1 Kor. 13 is egter van ʼn ander orde. Dis Goddelik en hemels.

Dit word demonstreer in die offer wat Jesus vir ons gebring het. Joh. 3:16 is daarvan die beste voorbeeld. God gee sy Seun ter wille van mense wat dit nooit kan verdien nie. Jesus verlaat sy hemelse woning om sy lewe af te lê.

Verskillende vertalings help ons om die volle reikwydte van die teks te verstaan. Die Boodskap vertaling in gemaklike Afrikaans is uitstekend. Soek dit gerus op die internet en geniet die praktiese verstaan van die teks. Liefde is na alles prakties en nie ʼn teoretiese aangeleentheid nie. Ons moet nie net kennis neem van die teks nie, maar dit in ons lewens integreer en daarvolgens lewe. Die Heilige Gees help ons daarmee.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.