ToekomsVenster: ’n Taal wat almal verstaan

(Foto: Elias Maurer/Unsplash)

Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. – Romeine 13:10

Daar is ʼn taal wat gemeenskaplik en wêreldwyd gepraat word, en dit is die taal van die liefde. Sou ʼn mens die term liefde ondersoek, sal begrippe soos omgee, sorg, geduld, nederigheid en medemenslikheid in die visier kom. Die teenoorgestelde sluit onder meer vooroordeel en selfs vrees in.

Trouens leer die Woord van die Here ons nie juis dat die liefde vrees oorwin nie?

Christene se taal is die van die liefde. Dit hoop, glo en vertrou vir die beste. Dit maak nie net geraas soos klinkende simbale nie maar troos, bemoedig en ondersteun.

Liefde klink dieselfde in enige, ja alle tale. Dit is die taal wat alle mense verstaan. Jy het nie ʼn tolk nodig om dit verstaanbaar te maak nie. Jy praat, leef en doen dit.

Praat en mense engele tale

Maar dis nie uit liefde nie

Is my woorde hol simbole

Klanke sonder melodie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir U onverdiende liefde…Amen…..help my om dit uit te leef in Jesus Nam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.