ToekomsVenster: Nederigheid, nog ʼn waarde vir ons tyd


Jesus-wat-voete-was

Foto: Healthimpactnews.com

Daar het ‘n stryery onder hulle ontstaan oor wie van hulle die belangrikste is. Jesus het geweet met watter gedagtes hulle besig was, en Hy trek ‘n kindjie nader om langs Hom te kom staan. Toe sê Hy vir hulle: “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Wie die minste onder julle almal is, hy is groot. – Lees Lukas 9:46-48

Die wyse woorde van Leslie D Weatherhead kan ons met nederigheid help: Elke keer wanneer ek opstandig of rebels word, sinies of sarkasties, wanneer dit lyk asof kwaad die wêreld regeer, of grootheid net die deel is van hulle wat kan gryp, wanneer dit lyk asof geloof ‘n bespotting geword het en nederigheid in die stof vertrap word, wanneer meegevoel bestempel word as swakheid en simpatie as dwaasheid, wanneer egoïsme my dwing om myself te laat geld en my eie belange te dien … gee dan, o hemelse Vader, dat ek die sagte storting van water in ‘n skottel hoor en die Seun van God voor my geestesoog sal sien – besig om  die voete van sy dissipels te was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.