Die nuwe Pretoria FM-handelsmerk is vandag tydens ʼn luisterryke geleentheid by Atterbury Teater in Pretoria bekend gestel.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Julie 2015
Video: Tiener boer met groente en visse
Die hoofmeisie van Laerskool Kameelfontein is ‘n kranige boer. Rikalize Reinecke besit en bestuur een van die vier grootste waterkultuurboerderye in die land.
Video: Popgroep se gemiddelde ouderdom is 84
ʼn Musiekgroep in Okinawa, Japan, met ʼn gemiddelde ouderdom 84, het sopas hul eerste musiekvideo vrygestel.
Vrou dalk tronk toe ná sy versuim om SA minnaar te betaal
ʼn Vrou van Oekraïne wat twee jaar gelede sewe maande gegun is om geld terug te betaal aan haar bejaarde minnaar, of agt jaar tronkstraf te ontvang, het versuim om die geld te betaal.
Polisie vind Mandrax-tablette van R3 miljoen by grenspos
Polisiebeamptes van Mpumalanga het Sondagaand by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 66 000 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R3 miljoen wat in ʼn vragmotor versteek was.
Panayiotou hoor volgende week sy lot
Christopher Panayiotou, die man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy onderwyseres-vrou vermoor het, sal nog ʼn week moet wag om te hoor of sy aansoek om borgtog goedgekeur is of nie.
43 ‘dronkbestuurders’ by een padblokkade aangekeer
Verkeersbeamptes in Kaapstad het oor die naweek 43 persone voorgekeer wat na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Dit is die grootste groep motoriste wat nog ooit in ʼn enkele padblokkade aangekeer is.
ToekomsVenster: Nederigheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra dat ons vandag hierdie gebed sal bid: “Here, help my om alle hooghartiheid wat nog aan my hang en weer en weer wil opstaan, te laat vaar. Help my om soos Jesus voete te was. Amen.”
Europese Jupiter-sending word realiteit
Die Europese Ruimte-agentskap het die kontrak vir die bou van ’n ruimtekapsule wat in 2022 na Jupiter sal vertrek, aan Airbus Defence & Space in Frankryk toegeken.
Bejaarde vrou sterf maande ná plaasaanval
Lettie van Loggerenberg (86) is Sondag dood, net meer as twee maande nadat sy en haar man erg aangerand is op hul kleinhoewe naby Zeerust in Noordwes.
Google-kar in botsing betrokke
Een van Google se selfaangedrewe prototipes was vir die eerste keer in ʼn botsing betrokke waar iemand seergekry het.
Nuwe vrystellings: 20 Julie 2015
Francois van Coke, Andriëtte en Elvis se Seun het almal nuwe musiek.
Alles moontlik gedoen om ma en baba te red, sê hospitaal
Die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal in Johannesburg het Maandag gesê hospitaalpersoneel het alles in hul vermoë gedoen om ʼn jong ma en haar ongebore baba te red wat Donderdag by die hospitaal dood is.
Oom Herrie se kerrie: Liewe Heksie en die Gifappeltjies
Oom Herrie kan net dink hoeveel “ammunisie” Dowwe Dolla nou het ná die “Gifappeltjies” die Liewe Heksie-produksie tydens die Vrystaatse Kunstefees ontwrig het.
Rowers rol gesteelde bakkie ná plaasaanval; ambulans rol óók
Drie vermeende plaasaanvallers het Saterdag die bakkie wat hulle op ʼn plaas naby Devon in Gauteng gesteel het op ʼn grondpad gerol toe hulle probeer vlug het.
Maroela Media Top 20: 20 Julie 2015
Elvis Blue verloor sy eerste plek en die nuwe nr. 1-treffer is “Alles naby my” van Roux en Christi Cloete.
Panayiotou-saak: ‘Publiek is bloeddorstig’
Christopher Panayiotou se regsverteenwoordiger het Maandag in die hooggeregshof in Grahamstad aangevoer dat dit onregverdig is om ʼn man, wat onskuldig is tot andersins bewys, toe te sluit oor die bloeddorstigheid van die publiek wat swak ingelig is.
Vrou vertel van angsnag toe sy rower doodskiet
“Ek het deur die skrefie van die hangkas gestaan en kyk hoe bind die rowers my gesin vas. Ek het gebid, liewe Here, help net my mense, asseblief. Ek het geweet as hulle my in die kas kry, gaan hulle ons almal doodmaak. Die een het nader gestap, die kasdeur oopgemaak en die klere begin wegskuif. En toe skiet ek.”
Raak woordslim met die VivA-app
Byna nege maande ná die stigting van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), is hulle splinternuwe, gratis app amptelik bekend gestel. Terselfdertyd word die eerste weergawe van hulle webwerf ook geaktiveer.
Lindley-plaasmoord: ‘Hy sou nooit iemand kwaad aandoen nie’
Hein Smith (77), die boer wat dood is nadat hy op sy plaas buite Lindley in die Vrystaat aangerand is, was ʼn intelligente, opgewekte mens wat niemand ooit kwaad aangedoen het nie.